-
Fotografie: goed, beter en nou beste
[Photography: good, better and now best – English below]
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) bied op SATERDAG, 4 OKTOBER 2025, weer die gewilde en praktiese gevorderde werkswinkel in fotografie aan. Onder leiding van die ervare en charismatiese fotografie-afrigter Peter Haarhoff, is dié werkswinkel ideaal vir enigiemand wat graag onvergeetlike oomblikke en asemrowende tonele met meer kreatiwiteit en tegniese bekwaamheid wil vaslê.
Die kursus is gemik op diegene wat gemaklik is met die gebruik van sluiterspoed, diafragma en ISO, én reeds hul kamera met selfvertroue in handmatige modus gebruik. Hierdie werkswinkel fokus op die verdieping van tegniese vaardighede en die ontwikkeling van ’n meer gesofistikeerde, artistieke benadering tot fotografie. Deelnemers leer hoe om tegniek en kreatiwiteit te balanseer om uitsonderlike, persoonlike beelde te skep.
———–
The Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) will once again present their popular and practical advanced photography workshop on SATURDAY, 4 OCTOBER 2025. Under the guidance of experienced and charismatic photography coach Peter Haarhoff, this workshop is ideal for anyone who wants to capture unforgettable moments and breathtaking scenes with greater creativity and technical skill.
The course is aimed at people who are comfortable with using shutter speed, aperture and ISO, and who already confidently operate their camera in manual mode. This workshop focuses on deepening technical skills and developing a more sophisticated, artistic approach to photography. Participants will learn how to balance technique and creativity to create exceptional, personal images.