-
Die Toyota Stellenbosch Woordfees Langtafel word vanjaar weer onder die eike, tussen die historiese geboue van Ryneveldstraat gedek.
‘n Feestelike aand van kos, musiek, wyn en samesyn wag.
Oorspronklike Kokkedoor en kultuurkosheld sjef Mynhardt Joubert se sesgangmaaltyd is geïnspireer deur die feestema: Dis Hoog Tyd! Hoog tyd om weer saam aan tafel te sit, mekaar in die oë te kyk en ons glase op die lewe te klink. Mynhardt dis vir ons ‘n lente-lofsang op – ‘n hooglied van hoogtyd ter viering van hernuwing, belofte en oorgawe: die allerbeste van die bloeityd.
Op die spyskaart:
Brood & Botter
Gepiekelde Beet, Perskool, Aarbei &
Bloubessie-slaai
Tamaties, Tamaties, Tamaties!
Geroosterde Palermo-peper, Eiervrug &
Gemarineerde Feta
Gebraaide Beesfilet
Kaaskoek-toring
Met lewendige musiekvermaak en ‘n komplimentêre glas wyn of vonkelwyn by aankoms.
2 Oktober | 18:30 | Ryneveldstraat, Stellenbosch Kaartjies by Quicket.