-
Taalmuseum se opedag beloof hope pret
Gratis musiek, demonstrasies en skattejag in Paarl se middedorp
Ter viering van Internasionale Museumdag op 18 Mei bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) op SATERDAG 23 MEI vanaf 09:00 tot 13:00 ’n heerlike gratis program vir die hele gesin in die Paarlse middedorp aan.
Dit behels onder meer ’n skattejag, drukwerk-aktiwiteite en koffie-demonstrasie asook musiek deur ’n marimba-orkes, Bianca Goosen en Vicky B.
Bykomend is ’n wynproe-sessie beskikbaar wat vanaf 11:00 tot 12:00 in die Historium-konferensiesentrum plaasvind, teen R40 per volwassene. Dit word aangebied deur Charles Lang van Charles S. Lang & Sons/Daughter. Volgens Pieter Badenhorst, een van die wêreld se top-100 wynmakers, is Lang se wyne só ontwerp dat dit deur mense van verskillende agtergronde en vanaf beginner-drinkers tot fynproewers geniet kan word. “Ja, dit is buitengewoon skaars om wyne te produseer wat aan soveel vereistes voldoen, maar dit is Charles se vaardigheid!” sê hy.
Die Internasionale Museumraad (ICOM) vier sedert 1977 Internasionale Museumdag waardeur museums regoor die wêreld op of rondom 18 Mei die geleentheid gebruik om op skeppende wyses en deur spesiale aktiwiteite uiting te gee aan ’n bepaalde tema. Vanjaar se tema is “Museums verenig ’n verdeelde wêreld”.
Die volledige program is beskikbaar by taalmuseum.co.za/event/gratis-opedag-by-taalmuseum. Geen bespreking is nodig vir die opedag nie, maar wel vir die wynproe. Stuur ’n e-pos na kommunikasie@taalmuseum.co.za of WhatsApp 076 017 6026.
————
Language Museum’s open day promises loads of fun
Free music, demonstrations and treasure hunt in Paarl town centre
In celebration of International Museum Day on 18 May, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) is hosting a wonderful free programme for the whole family in the Paarl town centre on SATURDAY, 23 MAY, from 09:00 to 13:00.
This includes, among other things, a treasure hunt, printing activities and a coffee demonstration as well as music by a marimba band, Bianca Goosen and Vicky B.
In addition, a wine tasting session is available from 11:00 to 12:00 in the Historium Conference Centre, at R40 per adult. It is presented by Charles Lang of Charles S. Lang & Sons/Daughter. According to Pieter Badenhorst, one of the world’s top 100 winemakers, Lang’s wines are designed to be enjoyed by people from different backgrounds and from novice drinkers to connoisseurs. “Yes, it is exceptionally rare to produce wines that manage to tick so many boxes, but that is the skill of Charles!” he says.
The International Council of Museums (ICOM) has been celebrating International Museum Day since 1977, when museums around the world take the opportunity to express a particular theme on or around 18 May in creative ways and through special activities. This year’s theme is “Museums Uniting a Divided World”.
The full programme is available at taalmuseum.co.za/en/event/free-open-day-at-taalmuseum. No booking is necessary for the open day, but is required for the wine tasting. Send an email to kommunikasie@taalmuseum.co.za or WhatsApp 076 017 6026.