-
Afrikaans Amptelik 100 sluit sy veldtog om Afrikaans as Amptelike Taal te vier af met ‘n groot kuier vir die hele gesin op Saterdag 25 Oktober 2025 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.
Daar is optredes deur rieldansers, volkspele-groepe, en die kunstenaars is: Rjay en LK, Jitzvinger, Marsha Bothma, Selby Williams, Nadia Louw, David Fourie, Nadine en Jak de Priester en die Kaapse Lawaaimakers. Die seremoniemeesters vir die dag is Lyntjie Jaars, Danneline Roberts en Dean Smith.
Kom proe hoe Afrikaans smaak by die Kos- en Kunsmark met tradisionele disse vanoor die hele Suid-Afrika en geniet boetiekbier en wyn uit die Wes-Kaapse wynlande.
Daar is stalletjies met handgemaakte items, ‘n kinderarea waar die kinders veilig besig gehou sal word, ‘n braaikompetisie vir hoërskole en natuurlik musiekkunstenaars wat alle smake sal bevredig.
Kaartjies: TIXSA