• Debatstoernooi laat leerders flink dink
      Jonges ding in Afrikaans mee om eer…en kontant!

      Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), in samewerking met die Historium Trust en die Afrikaanse Onderwysersnetwerk, bied vanjaar ’n opwindende debatstoernooi aan wat belowe om jong denkers se redenaarsvaardighede tot nuwe hoogtes te voer. Die finale vind op 16 OKTOBER 2025 van 15:00 tot 20:00 plaas by Klein Nederburg Sekondêr en is GRATIS om by te woon.

      Met altesaam 22 spanne wat gaan meeding vir die gesogte trofee en aantreklike kontantpryse, beloof die toernooi om ’n hoogtepunt op die akademiese kalender te wees. Dit is daarop gemik om nie net die deelnemers se debatvaardighede te slyp nie, maar ook om hulle selfvertroue, kritiese denke en liefde vir die Afrikaanse taal te bevorder. Die projekorganiseerders glo dat hierdie toernooi nie net as ’n kompetisie dien nie, maar ook as ’n platform vir leerders om hul stemme te laat hoor, oplossings te bedink en die rykdom van Afrikaans op skeppende maniere uit te druk.

      Belangstellendes en ondersteuners word hartlik uitgenooi om hierdie inspirerende gebeurtenis by te woon en die jong redenaars aan te moedig. Vir meer besonderhede, kontak Gershwyn Fredericks op 021 863 0543 of opvoedkundige@taalmuseum.co.za.