-
JY WORD UITGENOOI! Kom help ons om Waarmakersweek Wellington te bou! Van 8–13 September 2026 vier ons kreatiwiteit, kuns, kultuur en gemeenskap in die pragtige Bovlei-vallei.
Ons nooi kunstenaars, ambagsmanne, musikante, skrywers, inhoudskeppers, plaaslike produsente, entrepreneurs, stalletjiehouers, vintage-uitstallers, besighede en enigiemand met ‘n passie vir kreatiwiteit om deel te word van hierdie besondere geleentheid.
Inligtings- en netwerkgeleentheid 💡
Maandag, 3 Augustus 2026, 15:00.
Dunstone Estate, Bovlei-vallei, Wellington.
Kom ontdek hoe jy kan uitstal, ‘n stalletjie bespreek, ‘n werkswinkel aanbied of saamwerk om ‘n jaarlikse fees te skep waarop Wellington trots kan wees.
Wellington is die kreatiewe hart van die Kaapse Wynlande. Kom skep. Kom deel. Kom inspireer.
Bevestig asseblief jou bywoning:
Maudie Smit: 071 154 2401 of maudie@dunstone.co.za
Elsibe Loubser McGuffog: 082 465 5090