Die Piesangskille Live at Kapstadt Brauhaus Stellenbosch

Beleef Die Piesangskille soos jy hulle nog nooit tevore gesien het nie – akoesties!
’n Intieme aand vol lag, stories, bekende treffers en lekker saamkuier.
Kom geniet hul unieke humor en tydlose liedjies in ’n ontspanne, unplugged atmosfeer.
Belangrike Informasie:
Die Piesangskille tree op as ‘n 2-Piece en nie volledige band nie.
Deure maak 18:00 oop en die vertoning begin om 20:00.
Sodra jou kaartjies bespreek is, word jou tafel automaties geallokeer.
Responses