Volmaanpieknieks | Full moon picnics

As jy ons gewilde pieknieks die afgelope somer misgeloop het, is dit nou jou kans om die laaste volmaanpiekniek op SATERDAG, 28 FEBRUARIE 2026 by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) te beleef. Dit beloof weereens om ’n feestelike somersaand in die beeldskone omgewing te wees.

Dié gewilde pieknieks lok mense van heinde en verre om onvergeetlike aande te ervaar danksy die asemrowende sonsondergang, maanopkoms, natuurskoon en panoramiese uitsig oor berge, valleie en Kaapse Skiereiland. Gaste is welkom om enige tyd tussen 17:00 en 22:00 te ontspan en piekniek te hou terwyl hulle ook die monument – ’n unieke, simboliekryke beeldhouwerk – van naderby besigtig. ’n Gratis begeleide toer wat die betekenis en ontwerp van die monument belig, vind om 18:30 plaas. Daarbenewens kan besoekers die uitstallings en omgewing verken, en kinders kan hulle gate uit geniet danksy die buitelug-speletjies, sagte grasperke en speelparke.

Gaste is welkom om hul eie spys en drank (geen glas/vure toegelaat) te bring. Onthou ook warm klere en ’n flitslig om die aand voluit te geniet. Gratis, veilige parkering is beskikbaar. Die piekniekreeks ondersteun boonop die ATM se geletterdheidsprojek ‘Laat ons Lees!’ wat daarop gemik is om kinders aan die vreugde van lees bloot te stel. Piekniekgangers word hartlik versoek om nuwe of tweedehandse kinderboeke te skenk.

  • R40 vir volwassenes
  • R10 vir SA studente, pensioenarisse en kinders 18 en jonger

Date
Feb 28 2026
Expired!
Time
5:00 pm
Location
Afrikaanse Taalmonument
Afrikaanse Taalmonument
Gabbema Doordrift St, Courtrai, Paarl, 7646
Website https://taalmuseum.co.za/
Phone 021 872 3441
X

Responses

Your email address will not be published. Required fields are marked *